Abstract:
Elke fotograafhet sy/haar eie visie van hoe om sy foto's tot beste kwaliteit te
fotografeer en te produseer. Die persoon wat die beeld sien moet die dieselfde gevoel
kry as wat die fotograaf gehad het op die stadium toe die foto geneem is.
Die visie wat hierdie skripsie voorstel is om 'n meer dromerige skoonheid te skep.
Die inhoud van die werke behels meer "close-up" portrette. Daar is wei 'n
verskeidenheid soos by. 'n variasie van kleur en swart en wit foto's, skerpfokus of dan
die sagte effek.
Die insperasie het deur 'n hele aantal portret fotograwe gekom. 'n Fotograafmet die
naam Wayne Maser (Fig A en B) het die insperasie begin maar met die verloop van tyd
en die navorsing wat met die voltooiing van hierdie skripsie gepaard gegaan het het
daar ander fotograwe kopuitgesteek met soort gelyke idees en intrepetasies, by.
Victor Skrebneski, Figure C en D.
In hierdie skripsie sal sekere inligting oor portret fotografie in detail bespreek word en
ander dele sal net genoem word. 'n Agtergrond word hierdeur geskep sodat die leser
wat hierdie skripsie lees verseker kan wees dat as die dag kom wat hy/sy so iets wil
aanpak, hy/sy klaar weet wat alles in gedagte gehou moet word.