Abstract:
Die eerste hoofstuk handel oor die kamera en film wat die kwaliteit
van enige kos fotografie positief of negatief kan beYnvloed. Dit
sluit ook 'n kort beskrywing in van die funksies van die 4 x 5
kamera, sowel as 'n verskeidenheid van films wat deur
professionele fotograwe gebruik word. Robert Dodds, 'n kenner in
kos fotografie se mening en metodes van fotografie word uitgelig
in die tweede hoofstuk. Die hoofmhoud van hierdie skripsie
(hoofstuk 3) handel oor hoe te werk gegaan moet word om aan die
hoof vereistes van kos fotografie te voldoen, deur die gebruik van
produkte, spesifieke vereistes, beplanning, toetsing, natuurlike lig
en die skepping van atmosfeer. Die skripsie se laaste deel handel
oor die outeur se foto's en 'n verduideliking daarvan.