Abstract:
So lank as wat daar mense is, sal hulle hulself op 'n foto wil sien.
Hetsy dit vir persoonlike doeleindes is, of vir versiering, sal die
behoefte altyd bestaan.
Daar is 'n baie goeie wisselwerking tussen 'n portretfotograaf en
sy onderwerp. Die fotograaf wil die beste resultate kry ten opsigte
van sy persoonlike sty! en tegniek. Daarteenoor moet die
onderwerp of persoon wat afgeneem word, op sy manier so
natuurlik as moontlik wees en op dieselfde tyd so voorkom soos 'n
sekere mite of fantasie. Dit is wat portretfotografie so opwindend
maak. Dit is ook 'n persoonlike uitdaging vir die fotograaf om so
'n fantasie te skep vir die persoon. As gevolg van die
wisselwerking tussen die fotograaf met sy denke, sy spesifieke
kamera en film, die persoon wat afgeneem word met sy onderskeie
karaktereienskappe en fisiese gelaatstrekke en natuurlik die
omgewing en beligting moet daar 'n sterk band van kommunikasie
tussen bogenoemde aspekte wees.
Daar moet 'n belangrike band van kommunikasie wees om die
perfekte omstandighede vir portrette te skep. Voordat 'n person afneem word, maak ek 'n punt daarvan om 'n tydperk voor die tyd,
tyd saam met die persoon te spandeer. Daardeur kan ek op 'n
natuurlike manier elke karaktereienskap ontleed Dan kan daar
besluit word walter tipe beligting gebruik gaan word naamlik,.
natuurlike of kunsmatige beligting. As daar besluit word op
kunsmatige beligting. Moet daar vooraf 'n geskikte plek gesoek en
besoek word As daar besluit word op 'n studio, moet die ligte
vooraf opgestel, reggestel en getoets word Die agtergrond word
laaste opgesit, want die persoon se oogkleur, haarkleur, ens. moet
eers in aanmerking geneem word Hierdie beginsel geld net as
daar kleur geneem word Swart en wit gebruik ek oorwegend 'n wit
uitgewaste agtergrond Dit gee 'n baie simplistiese benadering tot
die onderwerp. Die waarnemer se aandag is ook gevestig op die
belangrikste in die foto naamlik die persoon. Ek verkies dus 'n
agtergrond wat nie 'n mens se aandag aftrek nie.
Portretfotograjie is nie so maklik en eenvoudig soos wat meeste
mense insinueer nie. 'n Goeie skrywer of digter kan egter vir
hoofstukke aaneen iemand beskryf, maar 'n portretfotograaf moet
dieselfde persoon in een foto beskryf