Abstract:
SPORTFOTOGRAFIE: Waaroor gaan dit en wat is die fynere kunsies van
sportfotografie? Is dit bloot 'n aksiefoto van Chester Williams wat vir
David Campese klop in 'n toets teen Australie op Nuweland?
Vir elke sportman is dit 'n fantasie om in daardie wedstryd te speel,
maar vir elke sportfotograaf is dit net so 'n groot droom om daardie
uitdrukking van oorwinning op Chester se gesig vas te le, as hy laer en
laer afkom in sy duikpoging hoekvlag toe.
Uit die aard van die saak sal jy baie beslis goeie aanvoeling moet he om
dit moontlik te maak. Dit is 'n borrelende ondervinding vir die
sportfotograaf sowel as vir die speler. Hy lewe saam met die spel en
word heeltemal vasgevang en weggevoer deur die aksie, watter sport
hy ook al mee besig is.
Dit is asof die sportfotograaf absoluut een word met d ie sport.