DSpace Repository

Satire as sosiale kommentaar en die verband daarvan met die uitbeelding van die karnaval as tema in die skilderkuns

Show simple item record

dc.contributor.author Pretorius, M.
dc.contributor.other Bloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.date.accessioned 2017-05-30T10:42:38Z
dc.date.available 2017-05-30T10:42:38Z
dc.date.issued 2001
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11462/1016
dc.description Thesis en_US
dc.description.abstract Gedurende die middeleeue het daar in dele van Europa 'n karnaval naamlik die fees van die dwaas floreer wat gewoonlik op 1 Januarie gevier is (Cox, 1969: 3; Turner, 1996: 785). Selfs die vroom priesters en ernstige dorpsmense het liederlike maskers gedra, skokkende liedjies gesing en die hele wereld wakker gehou met hul feesvreugde en satire (Cox, 1969: 3). Kleinere geestelikes het hul gesigte geverf, windmakerig rondgestap in die klere van hul meerderes en die statige rituele van die kerk en die geregshof nageboots en bespot. Soms is 'n skynkoning of 'n seunbiskop gekies om oor die gebeure te presideer, Geen gebruik of konvensie was imuun teen bespotting nie en selfs die hoogste persoon van die ryk kon 'n skimpskrif aanval verwag (Burke, 1978: 192; Cox, 1969: 3; Docker, 1994: 173). Die Fees van die Dwaas was nooit populer by die hoerklas nie en is konstant gekritiseer en veroordeel. Ten spyte van die pogings van die onrustige geestelikes en 'n openlike afkeur van die raad van Basel in 1431, het die fees van die dwaas oorleef tot die 16e eeu. Tydens die tyd van Reformasie en Kontrareformasie het dit geleidelik uitgesterf. 'n Dowwe skadu daarvan duur egter steeds voor! in die kaskenades en feesviering van Allerheiligeaand en Nuwejaarsaand (Cox, 1969: 3). Deur die gebruik van humor, bespotting en ironie, wat alles elemente van satire is, word sosiale strukture en konvensies aangeval en ontbloot tydens die karnaval. Net so probeer satiriese kunstenaars hierdie menslike swakhede aanval en kritiseer byvoorbeeld die 1ge eeuse kunstenaar, Honore Daumier (Turner, 1996: 787, 868). 'n Voorbeeld van sy werk is 'Mans van die gereg' (kunsafbeelding 6), waar Daumier sosiale kommentaar lewer oor politiese aspekte van sy tyd (Wechsler, 1982: 142). Van die vroegste tye af gebruik die kunstenaar satire as 'n meganisme om kritiek op sosiale strukture en konvensies te lewer as gevolg van baie redes; as 'n ekspressie van hul eie irritasie, woede en frustrasie; om hul gehoor te vermaak, om kwaad te steek vir sosiale en politiese reformasie, en om die publiek in te lig tot 'n dieper begrip van die menslike kondisie, So te se elke aspek van persoonlike, sosiale en politieke lewe is al deur satiriese kunstenaars aangeval. In die proses het satire die mees universele, langdurige en populere vorme van artistieke uitdrukking geword (Turner, 1996: 868). Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die verband tussen kamaval en satire en die uitbeelding daarvan in die skilderkuns. Met die bespreking van die temas, motiewe en simboliek wat tydens die kamaval voorkom, word die gebruik van satire, en so ook die ontbloting van die onegtheid van sosiale strukture, gebruike en rites, duidelik. Die studie sluit dus nie 'n bree ondersoek in na satire of die kamaval as 'n geheel nie. Slegs die motiewe en temas wat in die karnaval voorkom wat verband hou met satire word bespreek. Daarvolgens word oorwegend na hierdie betrokke verband binne die konteks van die skilderkuns gekyk en word die ontleding van geselekteerde kunswerke beperk tot die skilderkuns. Verskeie werke van die kunstenaar Pieter Breugel die oudste word ontleed en bespreek as voorbeelde van satire as tegniek om sosiale kommentaar te lewer en die verband daarvan met die uitbeelding van die karnaval as tema in die skilderkuns. Met hierdie navorsingprojek word daar gekonsentreer op die karnaval in Europa tydens die middeleeue aangesien die karnaval nie net in Europa ontstaan het nie, maar ook sy hoogtepunt gedurende die Renaissance bereik he! (Turner, 1996: 868). Die universele temas, motiewe en simbole van die Europese karnaval maak dit ook moontlik om 'n basiese begrip te vorm vir die aard van die karnaval in die res van die wereld. Alhoewel die karnaval nie meer so 'n belangrike rol in die kontemporere mens se daaglikse lewe speel soos tydens die middeleeue nie, het dit nog lank nie uitgesterf nie. Feesvierings met optogte, vertonings, poppe, maskers, flambojante uitrustings, ens. is steeds bekende verskynsels en die navorser gebruik hierdie temas en motiewe van die karnaval as tema vir die praktiese komponent van die studie asook die lewer van sosiale kommentaar. Deur gebruik te maak van universele en bekende visuele beelde vind die toeskouer makliker aansluiting by die kunswerk en word kommentaar duideliker oorgedra. en_US
dc.format.mimetype Application/PDF
dc.language.iso other en_US
dc.publisher Bloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.subject Art philosophy en_US
dc.subject Art appreciation en_US
dc.subject Satire en_US
dc.title Satire as sosiale kommentaar en die verband daarvan met die uitbeelding van die karnaval as tema in die skilderkuns en_US
dc.type Thesis en_US
dc.rights.holder Central University of Technology, Free State


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search DSpace


Browse

My Account