Abstract:
Gedurende die middeleeue het daar in dele van Europa 'n karnaval naamlik die fees
van die dwaas floreer wat gewoonlik op 1 Januarie gevier is (Cox, 1969: 3; Turner,
1996: 785). Selfs die vroom priesters en ernstige dorpsmense het liederlike
maskers gedra, skokkende liedjies gesing en die hele wereld wakker gehou met hul
feesvreugde en satire (Cox, 1969: 3).
Kleinere geestelikes het hul gesigte geverf, windmakerig rondgestap in die klere van
hul meerderes en die statige rituele van die kerk en die geregshof nageboots en
bespot. Soms is 'n skynkoning of 'n seunbiskop gekies om oor die gebeure te
presideer, Geen gebruik of konvensie was imuun teen bespotting nie en selfs die
hoogste persoon van die ryk kon 'n skimpskrif aanval verwag (Burke, 1978: 192;
Cox, 1969: 3; Docker, 1994: 173).
Die Fees van die Dwaas was nooit populer by die hoerklas nie en is konstant
gekritiseer en veroordeel. Ten spyte van die pogings van die onrustige geestelikes
en 'n openlike afkeur van die raad van Basel in 1431, het die fees van die dwaas
oorleef tot die 16e eeu. Tydens die tyd van Reformasie en Kontrareformasie het dit
geleidelik uitgesterf. 'n Dowwe skadu daarvan duur egter steeds voor! in die
kaskenades en feesviering van Allerheiligeaand en Nuwejaarsaand (Cox, 1969: 3).
Deur die gebruik van humor, bespotting en ironie, wat alles elemente van satire is,
word sosiale strukture en konvensies aangeval en ontbloot tydens die karnaval. Net
so probeer satiriese kunstenaars hierdie menslike swakhede aanval en kritiseer
byvoorbeeld die 1ge eeuse kunstenaar, Honore Daumier (Turner, 1996: 787, 868).
'n Voorbeeld van sy werk is 'Mans van die gereg' (kunsafbeelding 6), waar Daumier
sosiale kommentaar lewer oor politiese aspekte van sy tyd (Wechsler, 1982: 142).
Van die vroegste tye af gebruik die kunstenaar satire as 'n meganisme om kritiek op
sosiale strukture en konvensies te lewer as gevolg van baie redes; as 'n ekspressie
van hul eie irritasie, woede en frustrasie; om hul gehoor te vermaak, om kwaad te
steek vir sosiale en politiese reformasie, en om die publiek in te lig tot 'n dieper
begrip van die menslike kondisie, So te se elke aspek van persoonlike, sosiale en
politieke lewe is al deur satiriese kunstenaars aangeval. In die proses het satire die mees universele, langdurige en populere vorme van artistieke uitdrukking geword
(Turner, 1996: 868).
Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die verband tussen
kamaval en satire en die uitbeelding daarvan in die skilderkuns. Met die bespreking
van die temas, motiewe en simboliek wat tydens die kamaval voorkom, word die
gebruik van satire, en so ook die ontbloting van die onegtheid van sosiale strukture,
gebruike en rites, duidelik. Die studie sluit dus nie 'n bree ondersoek in na satire of
die kamaval as 'n geheel nie. Slegs die motiewe en temas wat in die karnaval
voorkom wat verband hou met satire word bespreek. Daarvolgens word oorwegend
na hierdie betrokke verband binne die konteks van die skilderkuns gekyk en word
die ontleding van geselekteerde kunswerke beperk tot die skilderkuns. Verskeie
werke van die kunstenaar Pieter Breugel die oudste word ontleed en bespreek as
voorbeelde van satire as tegniek om sosiale kommentaar te lewer en die verband
daarvan met die uitbeelding van die karnaval as tema in die skilderkuns.
Met hierdie navorsingprojek word daar gekonsentreer op die karnaval in Europa
tydens die middeleeue aangesien die karnaval nie net in Europa ontstaan het nie,
maar ook sy hoogtepunt gedurende die Renaissance bereik he! (Turner, 1996: 868).
Die universele temas, motiewe en simbole van die Europese karnaval maak dit ook
moontlik om 'n basiese begrip te vorm vir die aard van die karnaval in die res van die
wereld.
Alhoewel die karnaval nie meer so 'n belangrike rol in die kontemporere mens se
daaglikse lewe speel soos tydens die middeleeue nie, het dit nog lank nie uitgesterf
nie. Feesvierings met optogte, vertonings, poppe, maskers, flambojante uitrustings,
ens. is steeds bekende verskynsels en die navorser gebruik hierdie temas en
motiewe van die karnaval as tema vir die praktiese komponent van die studie asook
die lewer van sosiale kommentaar. Deur gebruik te maak van universele en
bekende visuele beelde vind die toeskouer makliker aansluiting by die kunswerk en
word kommentaar duideliker oorgedra.