Abstract:
Hierdie studie is 'n poging om die wesentlike kenmerke van
portretfotografie te bepaal en die kandidaat se eie werk in
die lig daarvan te bespreek en te evalueer. Ten einde die
doelstelling te verwesenlik, word 'n breedvoerige historiese
oorsig gegee en enkele belangrike portretfotograwe se werk
bespreek.