DSpace Repository

Die impak van sekere sosio-ekonomiese faktore op die voedingstatus van kinders in Heidedal

Show simple item record

dc.contributor.author Erasmus, Maria Magdalena
dc.contributor.other Bloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.date.accessioned 2017-05-15T10:27:54Z
dc.date.available 2017-05-15T10:27:54Z
dc.date.issued 1997
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11462/951
dc.description Thesis en_US
dc.description.abstract Die grootste deel van Suid-Afrika se bevolking leef in derdewereldse omstandighede. Hierdie mense is dikwels honger, siek, oormatig moeg, ongemotiveerd met onproduktiwiteit wat lei tot swak skolastiese prestasie en werkloosheid. Die beperkte data oor wanvoeding onder kinders in Suid-Afrika dui daarop dat die probleem mees algemeen onder swartes en kleurlinge voorkom, gevolg deur Asiers, terwyl blankes 'n gesondheid- en voedingstatus gelyk aan die van hul ewekniee in ontwikkelde lande geniet. Wanvoeding het 'n multifaktoriale etiologie en 'n omvattende multisektoriale strategie is nodig om die voorkoms daarvan te verminder. Uitbreiding van pnmere gesondheidsorgdienste word beskou as die beste Manier om wanvoeding te bekamp. Verskeie navorsers het 'n verband gevind tussen sosio-ekonomiese omstandighede in die huis en die voedingstatus van die kind. Voedingstatus van 156 kleurling kinders in drie laerskole in Heidedal is bepaal. Daar is ook 'n ondersoek na sosio-ekonomiese omstandighede van die kinders geloods. Die volgende sosio-ekonomiese kriteria is bepaal: identifiserende besonderhede van aile lede in die huishouding, behuising, energieverbruik en watertoevoer, sanitasie, opleidingspeil van versorger, beroep, inkomste, uitgawes, vervoer, voedselgebruike en gesondheidsfasiliteite. Om die voedingstatus van die kinders te bepaal is die volgende parameters bepaal: gewig-vir-ouderdom, lengte-vir-ouderdom, gewig-vir-lengte, boarm-omtrek, trisepsvelvou, boarm-vetarea en boarm-spierarea. In Heidedal is gevind dat 10,9 persent van die sub A en B-leerlinge 'n gewig-vir-ouderdom kleiner as -2 Standaard afwyking (SA) van die NCHS-mediaan het, terwyl 12,9 persent van die leerlinge 'n lengte-vir-ouderdom kleiner as -2SA van die NCHS-mediaan het, en 5,1 persent van die kinders gewig-vir-Iengte kleiner as -2SA het. In Heidedal het 44,3 persent van die sub A en B-Ieerlinge 'n trisepsvelvou kleiner as die 5de persentiel en 30, I persent 'n boarm-omtrek kleiner as die 5de persentiel. Soveel soos 51,9 persent van die kinders in Heidedal het 'n boarm-vetarea kleiner as die 5de persentiel en 15,4 persent van die kinders in Heidedal het 'n boarm-spierarea kleiner as 5de persentiel. Uit die resultate is dit duidelik dat groeivertraging, wat onstaan weens chroniese voedselgebrek, 'n emstige probleem in Heidedal blyk te wees. Volgens die sosio-ekonomiese opname beskik negentig persent van die huishoudings oor krag, en 49% oor 'n koelkas. Slegs in 7,7% huishoudings woon daar meer as twee persone per kamer. By 58,3% van die huishoudings is die respondent die eienaar van hul huise terwyl 95 persent in permanente struktuur huise woon. Slegs 2,6 persent van die respondente maak gebruik van 'n putiatrines en 98,1% se vullis word een keer 'n week verwyder. Die mediaan opleidingspeil is st 6, en moontiik ~s gevOig hi~rvan is i ' -, 15,5 persent van die volwassenes werkloos. Die mediaan maandelikse inkomste is R500 tot RIOOO en dertig huishoudings het 'n eie motor. Byna twee-derdes maak gebruik van kliniekdienste. Daar is nie sulke sterk verbande tussen sosio-ekonomiese omstandighede en voedingstatus gevind soos in ander studies gedoen in ontwikkelende lande nie. Dit word waarskynlik daaraan toegeskryf dat Heidedal 'n stedelike area is met 'n relatiewe goeie infrastruktuur (struktuur van huishoudings, sanitasie). Probleme in hierdie gemeenskap hou eerder verband met faktore soos werkloosheid, swak opleidingspeil as met infrastruktuur . Daar bestaan 'n duidelike verband tussen die boarrn-omtrek en boarrn-spierarea van kinders en die teenwoordigheid van die vader asook tussen boarrn-omtrek en die aantal huishoudings op die erf. Die besit van 'n koelkas het 'n statisties betekenisvolle verband getoon met gewig-vir-ouderdom, boarrn-vetarea, boarrn-omtrek en boarrn-spierarea. Daar kon geen verband gevind word tussen eienaarskap van die huis en die voedingstatus van die kind nie. Die boarrn-omtrek en boarrn-spierarea van kinders, waarvan die versorger 'n opleidingspeil van hoer as st 8 het, blyk beter te wees. Sosio-ekonomiese opheffing sal lei tot 'n verbetering in die voedingstatus van die kleurlingkinders in Heidedal. Opheffing in die gemeenskap kan verkry word deur gemeenskapsontwikkelingsprogramme. Hierdie programme moet deur die gemeenskap geYnspireer word nadat veldwerkers die nodige lei ding verskaf in behoeftebepaling. Die teikengroep in Heidedal is ongeletterde moeders en dogters aangesien hulle die kinders versorg. Om te verseker dat gemeenskapsontwikkelingsprogramme in hul doel slaag is monitering deur kundige persone noodsaaklik. en_US
dc.format.mimetype Application/PDF
dc.language.iso en_US en_US
dc.publisher Bloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.subject Malnutrition in children - South Africa en_US
dc.subject Nutrition - Developing countries en_US
dc.subject Malnutrition - Disorders - South Africa en_US
dc.subject Nutrition surveys - Case studies en_US
dc.title Die impak van sekere sosio-ekonomiese faktore op die voedingstatus van kinders in Heidedal en_US
dc.type Thesis en_US
dc.rights.holder Central University of Technology, Free State


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search DSpace


Browse

My Account