DSpace Repository

Die toepassing van 'n polimerase kettingsreaksie op serebrospinale vog vir die vroee diagnose van herpes simplex enkefalitis

Show simple item record

dc.contributor.author Visagie, Heilie Marthina Magdalena
dc.contributor.other Bloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.date.accessioned 2017-04-25T09:30:01Z
dc.date.available 2017-04-25T09:30:01Z
dc.date.issued 1993
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11462/910
dc.description Thesis en_US
dc.description.abstract Herpes simplexvirus (HSV) is een van die mees algemene virale agente verantwoordelik vir erge nekrotiserende enkefalitis (herpes simplex enkefalitis [HSE]) by die mens. Die tipiese kliniese verloop word gekenmerk deur 'n febriele, influensa-agtige siekte gevolg deur serebrale verlarnming met neurologiese versakings (Pohl-Koppe et at., 1992). Sonder spesifieke antivirale terapie kan die mortaliteit van HSE so hoog as 70% wees. Die prognose van erge HSE het baie verbeter met die ontwikkeling van 'n effektiewe antivirale middel, asiklovir (ACV), en het die mortaliteit geassosieer met HSE tot tussen 20% en 30% verlaag. Die middel behoort egter vroeg in die siekte (Rozenberg & Lebon, 1991) net na die begin van neurologiese simptome toegedien te word (Klapper et at., 1990). Vir die effektiewe toepassing van antivirale chemoterapie en die kliniese hantering van HSE is die vroee en spesifieke diagnose van die siekte dus baie belangrik (Klapper et at., 1990). Dit is egter moeilik om HSE klinies te diagnoseer aangesien ander siektes (byvoorbeeld, Epstein-Barrvirus enkefalitis, togavirus enkefalitis en tuberkulose meningitis) dieselfde beeld kan to on (Rowley et at., 1990). Elektroenkefalogram (EEG) ondersoeke (Nahmias et at., 1982) en rekenaartomogram (RT) skanderings mag normaal wees in die vroee stadiums van die siekte (Launes et at., 1988). Abnormaliteite wat deur middel van hierdie tegnieke waargeneem word mag ook nie-spesifiek vir HSE wees (Whitley, 1990b) en word nie beskou as 'n spesifieke diagnostiese hulpmiddel nie. Die mees betroubare vroee diagnostiese tegniek is die isolasie van HSV en/ of die aantoon van virale antigeen in breinweefsel. Dit is egter nie die metode van keuse nie aangesien dit die uitvoer van 'n breinbiopsie noodsaak. Dit is 'n indringende prosedure met potensiele risiko's en kan die toediening van antivirale terapie vertraag (Klapper et al., 1990). Pogings om infektiewe HSV vanuit serebrospinale vog (SSV) deur middel van selkulture te isoleer of om virale antigeen deur middel van die ensiem-gekoppelde immunosorbent essai (ELISA) aan te toon is seide suksesvol (Pohl-Koppe et al., 1992). Serologiese diagnostiese prosedures is gebaseer op die aantoon van HSV spesifieke antiliggame in serum en SSV. Die bepaJing van intratekaalgesintetiseerde virus-spesifieke antiliggame deur gebruik te maak van 'n sensitiewe ELISA of deur Westerse klad het tot he de die beste resultate gelewer. Maar aangesien 'n virus-spesifieke humorale immuunrespons redelik laat in die verloop van die siekte ontwikkel, is 'n betroubare en sensitiewe antigeen aantoon-metode belangrik vir die vroee diagnose van HSE (Pohl-Koppe et at., 1992). Die polimerase kettingreaksie (PKR) is 'n aantreklike nuwe tegniek vir die aantoon van virus deoksiribonukleiensuur (DNA) en infektiewe virus word nie benodig nie (Kimura et al., 1990). Die PKR is in effek soortgelyk aan die "groei" van virus, en is daarom veral bruikbaar vir virusse wat andersins nie in die laboratorium gekweek kan word nie (Schoub, 1992). Die PKR maak dit dus moontlik om die genoom van 'n virus, vinniger as enige selkultuur en baie serologiese tegnieke, te amplifiseer (Schoub, 1992). Sodoende kan genoegsame genetiese materiaal vir diagnostiese doeleindes verkry word. Tipe-spesifieke inleiers kan gebruik word om die tipe van infekterende virus te identifiseer. Die PKR is reeds met groot sukses op verskeie virusse toegepas (Erlich, 1989; Innis et al., 1990), toon om baie spesifiek en sensitief te wees en bied 'n moontlik alternatiewe prosedure vir die vroee en nie-indringende diagnose van HSE. en_US
dc.format.mimetype Application/PDF
dc.language.iso en_US en_US
dc.publisher Bloemfontein: Central University of Technology, Free State
dc.subject Herpes simplex virus - Diagnosis en_US
dc.subject Cerebrospinal fluid - Examination en_US
dc.title Die toepassing van 'n polimerase kettingsreaksie op serebrospinale vog vir die vroee diagnose van herpes simplex enkefalitis en_US
dc.type Thesis en_US
dc.rights.holder Central University of Technology, Free State


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search DSpace


Browse

My Account