Abstract:
Herpes simplexvirus (HSV) is een van die mees algemene virale agente
verantwoordelik vir erge nekrotiserende enkefalitis (herpes simplex enkefalitis
[HSE]) by die mens. Die tipiese kliniese verloop word gekenmerk deur 'n febriele,
influensa-agtige siekte gevolg deur serebrale verlarnming met neurologiese
versakings (Pohl-Koppe et at., 1992).
Sonder spesifieke antivirale terapie kan die mortaliteit van HSE so hoog as 70%
wees. Die prognose van erge HSE het baie verbeter met die ontwikkeling van 'n
effektiewe antivirale middel, asiklovir (ACV), en het die mortaliteit geassosieer met
HSE tot tussen 20% en 30% verlaag. Die middel behoort egter vroeg in die siekte
(Rozenberg & Lebon, 1991) net na die begin van neurologiese simptome toegedien
te word (Klapper et at., 1990). Vir die effektiewe toepassing van antivirale
chemoterapie en die kliniese hantering van HSE is die vroee en spesifieke diagnose
van die siekte dus baie belangrik (Klapper et at., 1990).
Dit is egter moeilik om HSE klinies te diagnoseer aangesien ander siektes
(byvoorbeeld, Epstein-Barrvirus enkefalitis, togavirus enkefalitis en tuberkulose
meningitis) dieselfde beeld kan to on (Rowley et at., 1990). Elektroenkefalogram
(EEG) ondersoeke (Nahmias et at., 1982) en rekenaartomogram (RT) skanderings
mag normaal wees in die vroee stadiums van die siekte (Launes et at., 1988).
Abnormaliteite wat deur middel van hierdie tegnieke waargeneem word mag ook
nie-spesifiek vir HSE wees (Whitley, 1990b) en word nie beskou as 'n spesifieke diagnostiese hulpmiddel nie.
Die mees betroubare vroee diagnostiese tegniek is die isolasie van HSV en/ of die
aantoon van virale antigeen in breinweefsel. Dit is egter nie die metode van keuse
nie aangesien dit die uitvoer van 'n breinbiopsie noodsaak. Dit is 'n indringende
prosedure met potensiele risiko's en kan die toediening van antivirale terapie
vertraag (Klapper et al., 1990).
Pogings om infektiewe HSV vanuit serebrospinale vog (SSV) deur middel van
selkulture te isoleer of om virale antigeen deur middel van die ensiem-gekoppelde
immunosorbent essai (ELISA) aan te toon is seide suksesvol (Pohl-Koppe et al.,
1992). Serologiese diagnostiese prosedures is gebaseer op die aantoon van HSV
spesifieke antiliggame in serum en SSV. Die bepaJing van intratekaalgesintetiseerde
virus-spesifieke antiliggame deur gebruik te maak van 'n sensitiewe
ELISA of deur Westerse klad het tot he de die beste resultate gelewer. Maar
aangesien 'n virus-spesifieke humorale immuunrespons redelik laat in die verloop
van die siekte ontwikkel, is 'n betroubare en sensitiewe antigeen aantoon-metode
belangrik vir die vroee diagnose van HSE (Pohl-Koppe et at., 1992).
Die polimerase kettingreaksie (PKR) is 'n aantreklike nuwe tegniek vir die aantoon
van virus deoksiribonukleiensuur (DNA) en infektiewe virus word nie benodig nie
(Kimura et al., 1990). Die PKR is in effek soortgelyk aan die "groei" van virus, en is
daarom veral bruikbaar vir virusse wat andersins nie in die laboratorium gekweek
kan word nie (Schoub, 1992).
Die PKR maak dit dus moontlik om die genoom van 'n virus, vinniger as enige
selkultuur en baie serologiese tegnieke, te amplifiseer (Schoub, 1992). Sodoende
kan genoegsame genetiese materiaal vir diagnostiese doeleindes verkry word. Tipe-spesifieke inleiers kan gebruik word om die tipe van infekterende virus te
identifiseer. Die PKR is reeds met groot sukses op verskeie virusse toegepas
(Erlich, 1989; Innis et al., 1990), toon om baie spesifiek en sensitief te wees en bied
'n moontlik alternatiewe prosedure vir die vroee en nie-indringende diagnose van
HSE.