Abstract:
Toerisme is 'n groeiende bedryf, gekenmerk deur dinamiek, diversiteit en
kompleksiteit, wat gesofistikeerde kennis en vaardighede van die personeel
binne die bedryf vereis.
Die hoer vei'wagtings van kliente met betrekking tot personeel en fasiliteite
en die internasionale karakter wat markte aanneem, plaas veranderde klem
op die taak 'en rol van die toerismebestuurder. Die mate waarin hy/sy sukses
behaal, sal eerstens afhang van sy entrepreneurs- en bestuursvaardighede.
Veel meer word egter van hom verwag en dit word duidelik dat
verantwoordelike, verantwoordbare opleiding daarvoor noodsaaklik is.
In Suid-Afrika bestaan tans geen formele opleidingsprogram vir
toerismebestuurders nie; trouens, die beg rip 'toerismebestuurder' is nog nie
implisiet binne die bedryf omlyn nie, Indiensopleiding vind sporadies plaas, is
gefragmenteerd, ongestruktureerd en/of ongekoordineerd, wat moontlik die
felle kritiek oor dienslewering binne die bedryf ontlok.
Die huidige dinamiek binne die bedryf wat onder andere die gevolg is van
politieke en ekonomiese verandering, intensifeer bogenoemde probleem. Die
oopstelling van aile toerismebestemmings en -geriewe rig 'n appel tot die
taak en rol van die toerismebestuurder, Hy sal nie aileen
verantwoordelikheid vir die bestuur van natuurlike hulpbronne met ) ...... .
betrekking 'tot toerisme moet aanvaar nie, maar ook vir die menslike
hulpbronne " binne die bedryf, Hy/sy sal ,verder besondere kundigheid en
vaardighede aan die dag moet Ie wanneer die klient en die gasheer, die
toeris en die persoon in beheer van die bestemming, ter sprake kom. Hierdie
situasie word verder gekompliseer deur die toetrede van vreemde kulture.
Genoemde interaksie vind neerslag in 'n bedryf met eiesoortige eienskappe,
so os dat dit ekosensitief, seisoenaal en deur besondere kompetisie
gekenmerk word en weens die plesierkultuur daarvan, soms nie as 'n
"ernstige" bedryf erken word nie.Desnieteenstaande word toerisme wereldwyd as een van die grootste
verdieners van buitelandse valuta beskou en mag 'n "Iaat-maargaanhouding"
teenoor opleiding vir die bedryf, veral vir bestuurders daarvan,
nie gehuldig word nie.
Uit die literatuurstudie word bestuur en toerismebestuur belig. Verder word
die taakomskrywing van die bestuurder vanuit die eienskappe van die
toerismebedryf toegelig. Die toekomstige nuwe eise vir die bestuurder word
voorts aangesny.
Verder word gepoog om, benewens die identifisering en die verifiering van
die gestelde. probleem, deur mid del van 'n empiriese stud ie, die taak en rol ~.
van die toerismebestuurder nader te omskryf en prioriteite daarbinne te
bepaal.
Huidige toerismebestuurders en akademici betrokke by toerismeprojekte se
menings oor watter tipe opleiding vir toerismebestuur nodig is, word ook
gepeil.
Die inligting en bevindings uit die literatuurstudie en die empiriese studie
word benut in 'n kurrikuleringsaksie vir toerismebestuursopleiding. 'n
Kurrikulummodel wat spesifiek vir opleiding in toerisme ontwerp is, dien as
vertrekpunt. Dit word gekenmerk deur 'n analise-, ontwerp-,
implementerings- . en evalueringsfase onderskeidelik. Toepaslike inligting
word aan die hand van struktuurgewende vrae georden in kriteria v ir
programontwerp.
Aanbevelings vir tersiere, _ andragogies-didakties verantwoordbare
opleidingsprogramme vir toerismebestuur en indiensopleidingsprogramme vir
huidige personeel word gemaak. Aandag word ook gewy aan
toerismebewusmaking en -opvoeding vir en tot toerisme op voorskoolse.
laer- en hoerskoolvlak.
Ten slotte word verdere navorsingstemas voorgehou.