Abstract:
Die wyse waarop bestuurders in In onderneming hulle bestuurstaak uitoefen kan In belangrike
invloed uitoefen op die winsgewendheid van die onderneming.
Aile persone in toesighoudende poste moet die basiese bestuurstake uitvoer. Daar bestaan wei
verskille ten opsigte van die aard, omvang en belangrikheid van elkeen se bestuurswerk; die
hoeveelheid aandag wat aan die verskillende elemente van die bestuurstaak (byvoorbeeld
beplanning, organisering, bevelvoering en beheer) geskenk word; die hoeveelheid gesag en
verantwoordelikheid wat aan elkeen toegeken word; die aantal en soorte besluite wat geneem
moet word en die belangrikheid daarvan.
Trewatha en Newport stel dit so :
"Management is neither the privilege nor the responsibility of only the top members of an
organisation, but the work of all people whose tasks are involved with reaching goals and
achieving objectives through coordination of effort." (Marx, 1985:4)
Gestruktureerde bestuursontwikkelingsprogramme, soos in die literatuur beskryf, kan nie
sinvol in kleiner ondernemings geimplementeer word nie en derhalwe word aanpassings vereis
om aan die spesifieke behoeftes te voldoen.
Die doelwitte van sakeondernemings moet altyd ingestel wees op die ondernemingsprestasie
en -resultate. Die basiese doel van enige instelling is dus om doelgerig te funksioneer, dit
wil se om met die laagsmoontlike aanwending van produksiemiddele (insette) die
hoogsmoontlike opbrengs (uitsette) te behaal - die sogenaamde beginsel van
vermoenswaardemaksimering. Beginsels van bestuur beteken dat daar, ten opsigte van die bestuurstaak, sekere bewerin~
of stellings, reels of waarhede bestaan, wat by die oorweging van situasies en die neem va
besluite as leidraad of gids vir die bedryfsleier kan dien.
Die meeste beginsels van bestuur is egter nie so absoluut, dogmaties, onomstootlik e
universeel toepasbaar soos die wette van die suiwer natuurwetenskappe nie.
Vir die bestuurder of eienaar van die kleiner onderneming in die boubedryf sal daar du
sekere afdelings in die onderneming wees wat belangrik is en wat dus in hierdie studi;
geldentifiseer en toegepas word om die doelwitte te bereik.